top of page

Untitled

Net so oor die heuwel, by die plaasdam verby

Ai, dis te ver om te loop, jy sal moet op 'n weerwolf ry

Net verby die paddas wat kwaak

is 'n wegsteek plek, en ek hoor dalk 'n draak!

Jy sal moet drie keer fluit,

en met niemand baklei

Dan is die kans daar

dat jy die wegsteek plek kry

Almal soek die Rympiekweker

Almal, selfs die grootste kwaadsteker

Almal soek na die Rympiekweker

Sy deel haar hart met die wêreld, dis seker

Haar hare is goud en as sy glimlag, voel almal beter

Almal is op soek

Na die gerugte Rympie kweker

Maar al voel jy 'n bietjie beter

met elke glimlag word haar hartjie net seerder


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page